Krappe met smaraggroen oë op rooi-en-wit gestreepte...

VERSTOMMING EN VERWONDERING

Krappe met smaraggroen oë op rooi-en-wit gestreepte steeltjies en ander wonders

LOUIS GAIGHER het Katherine Rundell se boeke gelees oor natuurskatte en oor John Donne, ’n skrywer oor begeerte, seks en vreemdheid.

VERWONDERING is onontbeerlik vir Katherine Rundell – befaamde kinderboekskrywer, akademikus verbonde aan All Souls College, Renaissance-kenner, dakklimmer en, op 35, die jongste wenner nóg van die Baillie Giffordprys (niefiksie se Booker) vir Super-Infinite: The Transformations of John Donne. “It is an astonishment to be alive and it behooves you to be astonished,” haal sy die onderwerp van haar supervitale biografie en “act of evangelism” aan.

Verwondering vereis toegespitste aandag. Vir Rundell is aandagtigheid nie serebraal nie; dit is die manier waarop jy jou liggaam en tyd bewoon: vooruitskouend, aktief en polities. Dit is ’n vorm van weerstand. Magshebbers en belanghebbendes probeer jou aandag voortdurend versplinter en aflei van dit wat tans op die spel is, soos demokrasie en ’n leefbare omgewing.

Met verwysing na Donne skryf Rundell dat ’n punt wat jy wil maak, vreemd en helder genoeg moet wees om “straight through your interlocutors’ complacent inattention” te sny – ’n raak beskrywing van haar werkswyse, die Donne-biografie en ook The Golden Mole, haar tweede boek vir volwassenes van 2022. (Lesers noem ademloos haar pasverskene Impossible Creatures, die eerste in ’n fantasietrilogie, in dieselfde asem as His Dark Materials.)..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.