Frisson met ’n haarlose, gespierde ses-voet-sewe-monster

RACHEL INGALLS

Frisson met ’n haarlose, gespierde ses-voet-sewe-monster

LOUIS GAIGHER is ’n argiefmol en skattejagter. Hy skryf oor Faber and Faber se geïnspireerde heruitgawes van boeke wat in hul oorspronklike gedaantes gou-gou in obskuriteit verval het, maar nou ’n nuwe geslag lesers bereik.

HERUITGAWES herleef tans in ’n uitgewerswêreld waar ’n nuwe boek se rakleeftyd vier maande is en meer as 186 000 nuwe titels jaarliks in Brittanje verskyn. Die herlewing behels nie net werke uit die alomaanvaarde kanon wat uitgewers sedert pandemie-dae uit hul vondslyste opdiep, teen ruim winsmarges herdruk en wat dan beter as vroeër verkoop nie. In die pas met ons kulturele oomblik van verteenwoordiging, en uit verset teen vernouing en insulariteit, is daar ’n aptyt vir meer idiosinkratiese stemme en stories wat vroeër geïgnoreer, misken, afgeskeep of verswyg is. Die skrywers van hierdie werk is dikwels nie straight, wit, upperclass, Engelssprekend en manlik nie en het in die tyd toe hulle geskryf het min kulturele kapitaal gehad. Titels wat vroeër in hul oorspronklike gedaantes gou-gou in obskuriteit verval het, bereik nou soms veel later, in ’n meer verwelkomende omgewing, ’n nuwe geslag lesers.

Anders as met die tipe “klassieke werke” wat reeds kanoniseerders se tjap van goedkeuring dra, vuur ontdekkingsdrif en avontuursin lesers van hierdie voorheen vergete boeke aan. Elke tweedehandseboekwinkel, herkenbare NYRB Classics- of Virago-rugkant, en katalogus van Faber and Faber, New Directions en Jacana (die skatkis op eie turf) hou die belofte in van ’n ontdekking en leeservaring soortgelyk aan toe Lucia Berlin, Dorothy Baker en Juby Mayet op my radar beland het. Skattejag is verslawend.

Backlisted..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.