Stop die horlosies, sit af die foon!

LEO

Stop die horlosies, sit af die foon!

Hoor en sien vergaan wanneer DEBORAH STEINMAIR ’n kraaknuwe Deon Meyer oopslaan.

WANNEER ’n nuwe Deon Meyer op die rak land, voel ek soos W.H. Auden: “Stop all the clocks, cut off the telephone / Prevent the dog from barking with a juicy bone.” So ’n boek, al 490 bladsye daarvan, moet op een slag verorber word. Hou dit vir die vakansie, of vir ’n naweek sonder planne.

Hierdie keer moes ek dit in paaiemente lees, en iets gaan verlore, want die momentum word gestuit. Telkens moes ek dit los om eers iets anders te lees of oor iets anders te skryf. Laasnag het ek my tande in die laaste helfte geslaan en nie laat los nie.

Ek draai nie doekies om nie: My misdaadhart behoort aan Meyer, sedert 13 uur. Ek het die vroeëres ook gelees, maar daar, in die stadskom, het hy my hart gesteel. My gunstelingspeurder is Bennie Griessel. Die vernielde alkoholis met donker, amandelvormige oë en slordige hare wat altyd ’n kap kort. Wat Kaapstad liefhet. Wat gedrink het en steeds dors bly omdat hy te veel voel. Wat brandend omgee vir ander mense en almal wil red. By wie moordtonele bly spook. Wat altyd in homself twyfel. Nou darem met die liefde en bewondering van ’n besonderse vrou; hulle staan op trou. Maar hy bly bedruk en bekommerd...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.