Vasvatter-vroue met groot voete

VRIENDSKAPPE WAT HOU

Vasvatter-vroue met groot voete

DEBORAH STEINMAIR het Belfast, 15de-eeuse China en Londen besoek, op die wieke van boeke.

EK het drie boeke gelees met een ding gemeen: Die hoofkarakters en eerstepersoonvertellers is vroue. Of wag, daar is ’n tweede ding: die krag opgesluit in vrouevriendskappe.

Hierdie lieflike, liriese boek is die debuut van ’n jong Ierse skrywer, 30 jaar oud. Dis die soort boek waarvan my vriend Louis hou: Daar gebeur nie veel nie; dit gaan eerder oor die verteller se aweregse blik op die wêreld. Sy is jonk en verveeld, verlore ter see. Haar beste vriendin is dood; ons leer eers later die rede, en die manier waarop sy rou, is om die pyn te ontken. Sy en haar vriende in Belfast kuier amper elke aand, drink altyd te veel, neem gereeld partytjiedwelms en strompel deur die dae.

Dit klink vervreemdend, maar oor alles huiwer ’n teerheid, hart. Colin Barret som dit uitstekend op op die agterblad: “Wry and compassionate … Connolly captures both the intoxicating chaos and listlessness of young adulthood …”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.