Fraud en maniere van vry wees

LITERÊRE LONDEN IN DIE 1870'S

Fraud en maniere van vry wees

LOUIS GAIGHER het die jongste boek gelees van Zadie Smith, briljante stylikoon en poster girl vir multikulterele Brittanje. Dis 'n historiese roman waarin Engeland 'n uitgesponne alibi is.

VROEG-VROEG in The Fraud, Zadie Smith se nuwe en eerste historiese roman, ruim sy Charles Dickens geesdriftig uit die weg. “Dickens is dead!” is die titel van ’n Ondickensiaans bondige hoofstuk van twee bladsye in die eerste vyfde van die boek. Ná hierdie aankondiging maak die meester van sketsmatige karakterisering, konkrete dinge en sentiment steeds herhaaldelik as jonger en meer kragdadige figuur sy verskyning in Smith se a-chronologiese vertelling oor literêre Londen van die 1870’s. In dié roman, en die romanvorm as sodanig, blyk Dickens so teenwoordig te wees soos die weer. Ná sy dood in The Fraud: “On the high street, at sunset, he was everywhere like a miasma.”

Zadie Smith, ’n vrygewige en sensitiewe leser, kritikus en skrywer, bewonder Dickens vir sy vitaliteit en gee gelyk dat hy een van min skrywers is wat deur sy uitbeelding van armes maatskaplike verandering kon bewerk. In teenstelling met Dickens se beperkte karakterbeelding en komieklike monstruositeite kom Eliza Touchet, die hoofkarakter van The Fraud – en ’n histories-verifieerbare figuur ondanks haar Dickensiaanse naam – tot ’n besef: “A person is a bottomless thing!”

Smith wyk van Dickens se bloudruk af met haar ruim en humanistiese beskouing van karakters. Sy werp sy juk af deur te skryf oor die gruwels van Britse slawerny, die ragtag vrystellingsbeweging en ellendige reparasies, ook in kontras met ander skrywers van sy tyd soos William Ainsworth – ’n produktiewe en nou vergete skrywer van power prosa en spilpunt vir die literêre kring waarin Smith met The Fraud lewe blaas. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.