Swanger, sweterige supervrou

MONSTERS WAT BLY SPOOK

Swanger, sweterige supervrou

LINZA DE JAGER is behoorlik die skrik op die lyf gejaag deur die skurk in Madelein Rust se jongste riller.

HIERDIE verhaal van ’n vroulike reeksmoordenaar wat swanger vroue jag en keisersnitte op hulle doen, het my hare laat regop staan. Madelein Rust se reeksmoordenaar is nou op my persoonlike lysie van monsters saam met wesens van Jo Nesbo, Patricia Cornwall en Thomas Harris. Gelukkig is Siembamba se heldin ’n vrou wat kan gatskop.

Die verhaal speel grootliks op die luukse Woodland Hills Wildlife Estate in Bloemfontein af. Mindie Rochebrandt en haar snobistiese man, Marius, bly hier in ’n glanskou van ’n huis. Hulle huwelik is liefdeloos, want eintlik soek Marius net ’n menslike broeikas. Danksy Marius is Mindie grootliks vervreemd van haar identiese tweelingsuster, Mandelien, wat, nes sy, swanger is.

Mindie se lewe verander onherroeplik wanneer Mandelien vermoor word. Sy ervaar iets soos ’n Rubicon-oomblik in die bloeddeurdrenkte badkamer waar sy afkom op die lyke van Mandelien en haar babaseun, wat uit haar lyf gesny is. Die polisie kan Mindie net met moeite van die toneel wegkry...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.