Kaboel en die hele kaboedel

KOFFIE EN OORLOG

Kaboel en die hele kaboedel

LINZA DE JAGER lees oor die missies en emosies van gewone mense in Afganistan in ’n tyd van oorlog, van die matriarg Halajan wat Marlboro’s rook en gedigte skryf, tot ’n koffiewinkeleienaar wat haar vriende van die Taliban wil red. Daar is min suikerkorrels in hierdie boek, maar aan die einde sal jy die karakters mis.

DIE ding met Deborah Rodriguez is, sy is nice. En mens is geneig om agterdogtig te wees oor nice, blonde vroue. Is hulle bimbo’s, is die lastige vraag in ’n mens se agterkop.

Rodriguez se vyf jaar lange verblyf in Afganistan was die inspirasie vir Farewell to the Little Coffee Shop of Kabul en sy voorgangers Return to the Little Coffee Shop of Kabul en The Little Coffee Shop of Kabul. Sy het as vrywilliger daarheen gegaan om rampverligting te help verleen, maar na haar mening was sy van min nut aangesien sy in daardie stadium hoofsaaklik ’n haarkapper was. Sy’t verlief geraak op die land en getrou met genl. Samer Mohammad Abdul Khan, en dit het haar lewe verander. Sy, wat so borrelend was, was nou op die agtergrond. Uit frustrasie het sy die klein koffiewinkel begin wat die inspirasie sou wees vir die reeks boeke.

Farewell to the Little Coffee Shop of Kabul speel in 2021 af. Die voormalige eienaar van die koffiewinkel, Sunny Tedder, keer terug na die Afgaanse hoofstad. Sy het ’n missie: Sy wil haar vriende oortuig om te vlug. Amerika is op die punt om sy soldate aan die land te onttrek en Sunny vrees dat die Taliban sal oorneem nes hulle in 1996 gemaak het. Sy kry egter teenstand van die familie wat sy wil red...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.