Hans versus die semenryke skurk

OUETEHUISKASKENADES

Hans versus die semenryke skurk

LINZA DE JAGER het 'n swak vir Rudie van Rensburg se 90-jarige held wat na haar mening veel cooler as James Bond is.

WIL jy volgens jou eie bepalings en voorwaardes oud word? Dan is die jongste Hans-boek net die ding vir jou. Die held van hierdie gewilde reeks kry troukoors. Hans van Kraaienburg, daardie energieke uitskieter wat in sy 90's is, moet egter eers ’n skurk ontmasker wat in Huis Madeliefie ingetrek het. 

Vir diegene wat onbekend is met Hans: Hy is ’n soort vryheidsvegter. Sy missie is om Huis Madeliefie ’n plesierpaleis te hou, en jaar ná jaar is dit ’n opdraande stryd. Hierdie slag trek ’n skurk in die kamer langs syne in. Sommer met die intrapslag trap Janneman Vermaak op Hans se tone. “Hiert, wát het ons hier? Direk uit Noag se ark! Oom moet seker naby aan ’n honderd wees?” Janneman, ’n bedrieër met ’n opgeblase opinie van homself, moes liewer stilgebly het. Want nou is Hans op sy case.

Rudie van Rensburg beskryf die Hans-boeke as humor, maar vir my is hulle ook cosy crime. Hans se innerlike speurder word geaktiveer wanneer sy nuwe vyand die een talentkompetisie ná die ander in die ouetehuis hou en elke keer wegstap met die R2 000-prysgeld. Vrae ontstaan by Hans, want Janneman se bydraes is nie eens goed nie. En hoekom skenk hy keer op keer sy prysgeld aan die Brumilda Bonsma-tehuis vir ongehude moeders? En is die twee beoordelaars werklik onpartydig?..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.