Vier blink vensters op die wêreld

HORISONNE EN REENBOË

Vier blink vensters op die wêreld

DEBORAH STEINMAIR verken sonder paspoort die uithoeke van die aarde tussen die bladsye van boeke.

ONS land huiwer op die rand van bankrotskap en die wisselkoers is so beroerd dat reis ’n skuldigmakende luukse geword het. Van al hierdie dinge vergeet ek terwyl ek lees. Ek vlieg sonder paspoort na die uithoeke van die aarde en bestee tyd in eksotiese bestemmings. Hierdie week was ek in New York, Londen, Hollywood in die goue era van die silwerskerm, en die genadelose oerwoude van Sumatra.

Die eerste boek speel in my soort Amerika af: die Amerika van bleeksiele, kunstenaars en kreatiewe siele wat sentreer rondom die eiland Manhattan. Michael Cunningham is een van my grootste gunstelinge. Sy boek A Home at the End of the World sal op my laaste boekrak staan. Soos al Cunningham se boeke het dit ooglopende elemente wat haper, maar die geheel het oomblikke van uitnemendheid wat ekstra helder blink te midde van die onvolmaaktheid. Sy roman The Hours, oor Virginia Woolf se Mrs Dalloway, is natuurlik bekroon en verfilm.

Aanvanklik het ek gedink hy het A Home at the End of the World herskryf, sonder die jeugdige voortvarendheid en gebrek aan selfbewustheid wat dit so helder laat skyn het. Die gegewe is min of meer dieselfde: Drie mense, twee mans en een vrou, is oor jare aan mekaar verknog. Al drie is lief vir mekaar, maar die vrou en een van die mans is verlief op die tweede man. Hulle woon in harmonie saam, tot daar ’n keerpunt kom...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.