Duiwelsroos se gif gaan kop toe

MISDAAD

Duiwelsroos se gif gaan kop toe

LINZA DE JAGER het strip-skaak gespeel en strikke gesystap terwyl ’n Laeveld-bloukoploerie kô-kô-kô lawaai in 'n roman wat sy beskryf as Stephen King gemeng met David Lynch en Afrika.

HIERDIE boek is lekker soos ’n yskoue trifle wat mens op ’n warm dag in die Laeveld eet. En boeta, dit vang mens. In Duiwelsroos kry Beer Henning opdrag om die dood van die briljante jong Marnus van Eck van die plaas Roosbaron te ondersoek. Daar is gerugte dat hy homself om die lewe gebring het en dat hy spook. Kan Beer agter die waarheid kom en sommer ook die gerugte smoor?

Leon van Nierop skep ’n spul wonderlike karakters. Beer is ’n oudpolisieman wat nou as privaat speurder werk en in sy vrye tyd tatoes doen. Hy is, terloops, ’n lus vir die oog en emosioneel so gekneus soos ’n winkel-avokadopeer. Mathilda van Eck heers oor haar gesin soos ’n koningin. Haar dogter Wilmien is, wanneer dit by mans kom, ’n venusvlieëvanger. En suster Melissa en die huishoudster Mpho Mkutuna lyk asof hulle geheime bewaar.

Volgens die mense van Roosbaron was Marnus “dierbaar, maar verderflik. ’n Wild puppy met soebat-oë, maar gif in sy byt. ’n Soort Heathcliff as jy Wuthering Heights ken.” Hy het almal verlei, vertel iemand. Nog ene vertel hy het strip-skaak met mense gespeel. Hy was ook die ene wat die sinistere swart roos genaamd Die Duiwel se Oorkussing gekweek het. Die roos se dorings het ’n narkotiese effek wat mens hoog maak as hulle jou steek. Met Marnus se dood het die formules vir die roos verdwyn. Dis egter asof Marnus nog leef. Almal is obsessief oor hom. Sy kamer word vir hom reg gehou en sy skaakstukke staan nog nes hy dit laas geplaas het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.