Heilige koeie: 'n kinkel in die beesstert

WIP JOU STERT

Heilige koeie: 'n kinkel in die beesstert

Akteur, musikant en koskenner WILLIE STRAUSS sit 'n kinkel in beesstert met sjerrie én donkersjokolade. Dié maklike resep verskyn in sy kos-memoir, Daar is 'n engel in my koskas.

  • 12 April 2019
  • Vrye Tyd
  • 1 min om te lees
  • artikel 18 van 23
  • Willie Strauss


Al is die Boesmanland skaapwêreld, was daar darem altyd ’n koei of twee op Vyfbeker wat melk vir die plaasbewoners voorsien het.
Met die wintervakansie is daar bees geslag en Pa het spesiaal biltong en droëwors gemaak. Die biltong en droëwors is saans voor die TV uitgehaal en ons moes leer om ons lus in toom te hou, want môre is mos nog ’n dag.
My ma het nooit beesstert gemaak nie en ek het eers later dié lekkerte ontdek. Vandag is beesstert ’n gunstelinggereg.
SjokoladebeesstertLewer 6 porsies
1 pakkie beesstertsoppoeier1,5 kg beesstertgenoeg olie om die beesstert in te braai4 lourierblare2 blokkies beesvleisaftreksel500 ml water60 ml volroomsjerrie1 mediumgroot ui, gekap4 groot wortels, in ringe gesny10 baba-aartappels125 g sampioene, gesny2 Granny Smith-appels, ontpit en gerasper1 x 410 g-blik tamatie-en-uiesmoor 10 ml sout300 g donkersjokolade, in stukke gebreek
Strooi die helfte van die pakkie soppoeier oor die beesstert. Verhit die olie in ’n groot swaarboomkastrol en braai die beesstert tot goudbruin. Voeg die res van die bestanddele behalwe die sjokolade by.
Kook die beesstert vir ten minste 3 uur tot die vleis van die been loskom.Breek die sjokolade bo-oor en roer goed deur. Die sjokolade moet wegsmelt en met die sous meng. Prut vir nog 30 minute.
Bedien met rys of stampmielies.

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.