Soos nektar op die tong by De Vry Distillery

VRYSTAAT!

Soos nektar op die tong by De Vry Distillery

Die vry staan natuurlik vir vryheid. En ook vir Vrystaat. En dan is vry natuurlik vry. Dís hoe die du Plooy-broers by 'n naam uitgekom het vir die distilleerdery wat hulle in ’n ou melkstal naby Oranjeville bedryf. HANNES LOUBSER het gaan proe.

  • 07 Junie 2019
  • Vrye Tyd
  • 6 min om te lees
  • artikel 27 van 29
  • Hannes Loubser

ONS kennismaking by die klipopstal so tipies aan die Vaaldam-kontrei, waar Pasch du Plooy saam met sy broers Gerrit en Albert hul bekoorlike reeks jenewer, wodka, rum en brandewyn bedags brou en bedien, verloop uit die staanspoor voor die wind. 

Pasch is nederig, teenwoordig, baas én Klaas, boetiek-onsjiek, man-jifiek rustic, rustig – selfs effens skaam. Neffens hom, maar nie in sy skadu nie, staan sy anderhand-vrou, Sainkie.  Anderhand, want sy moet soms op links én regs bietjie handjie bysit of die leisels eiehandig opneem – van vloerbestuurder tot verkoopsdame; klankbord en kelnerin, en vredebewaarder wanneer daar by geleentheid agter die fermentasietenks gekook word vir eksklusiewe private gesellighede. 

Want dáár, agter die potte, georkestreerd maar terselfdertyd gretig vir interaksie met gaste wat naderstaan om te kom loer na wat roer, is waar Pasch sy disse sorgsaam, delikaat, amper met ontsag berei, en een vir een met gedetailleerde aanwysings uitstuur...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.