Hallo, my naam is Sandy, Sandz, Sandile, Chow-Chow, Ming-Cheau, MC ...

BOEKUITTREKSEL

Hallo, my naam is Sandy, Sandz, Sandile, Chow-Chow, Ming-Cheau, MC ...

MING-CHEAU LIN se familie het van Taiwan na Suid-Afrika geëmigreer toe sy drie was. Sy vertel in ‘Yellow and confused’ die verhaal van hoe dit was om altyd die buitestander te wees in Bloemfontein in die 90’s as jy te ‘geel’ vir wit mense is en ‘nie Asies genoeg’ vir die ouer garde nie.

  • 06 September 2019
  • Vrye Tyd
  • 6 min om te lees
  • artikel 15 van 33
  • Ming-Cheau Lin

TOE ek drie was, was ek nog te jonk vir skool, maar my niggies en my suster was by Hoërskool Eunice vir meisies in Bloemfontein ingeskryf. Die meisies in groen.

My suster, wat einde Desember verjaar, is in graad 1 in plaas van graad 2 geplaas en moes skool van voor af begin. Sy het 'n ekstra Engelsonderwyser gehad oor wie ons mal was. Die onderwyser het aan my ouers voorgestel dat ons Engelse name kry om aan aanpassing in die skool te vergemaklik.

My broer is, anders as ons, in Suid-Afrika gebore twee jaar nadat ons geïmmigreer het en my ouers het hom Frank gedoop – genoem na Benjamin Franklin, die ou van die vlieërs en elektrisiteit. Hulle het gehoop hy sou slim wees, en die hoop het nie beskaam nie. Hy het baie goed gevaar op skool, graad gekry en die finansiële bedryf betree, en is nou 'n gekwalifiseerde geoktrooieerde rekenmeester...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.