BEEEEEEEAAAAAAST! Mtawarira se groot ...

SPRINGBOK-RUGBY

BEEEEEEEAAAAAAST! Mtawarira se groot Wêreldbeker-droom

Van skoolboelie in Harare tot uitsmyter tot die man van Harare wat selfs teen politici moes baklei om sy plek in die Springbok-rugbyspan te behou – vir Tendai Mtawarira is die Wêreldbeker-rugbytoernooi nie net belangrik nie, dis álles, skryf BRENDEN NEL.

SELFS toe Tendai Mtawarira vandeesweek saam met die res van die Springbokspan op 'n treinstasie in Tokio aankom vir die Wêreldbeker-rugbytoernooi wat eersdaags begin, het die mense op die platform dit laat weergalm: BEEEEEEEAAAAAAST!Sy spanmaats kon net lag – hulle is al gewoond daaraan. Dis die kreet waarmee dié 34-jarige boorling van Harare in Zimbabwe begroet word waar hy ook al kom, nie net op die rugbyveld nie. Die bynaam kom al met hom saam vandat hy agt jaar oud was. “Dit was nie oor my goeie aard nie,” het Mtawarira aan The Irish Times gebieg. “Dit was 'n bynaam wat een van my beste vriende my op skool gegee het. Ek was bietjie van 'n boelie toe ek op laerskool was. Ek was 'n groot outjie en ek het my gewig 'n bietjie rondgegooi.”

Mtawarira was nie 'n soet seuntjie op skool nie – hy het ook sy ouers “nogal besig gehou”.

“Ek was nie baie goed teenoor van die ander kinders nie, maar ek glo ek is nou meer beskaafd.”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.