Seks en droë koekies: jy het net verbeelding nodig, skat

OUD IS NIE KOUD NIE

Seks en droë koekies: jy het net verbeelding nodig, skat

As jy oud genoeg is om die radioprogram Só maak mens te onthou, is jy oud genoeg om MARITA VAN DER VYVER se nuwe rubriek te lees. Maar dit beteken nie dat jy dit nie mag lees as jy onder 30 is nie. Inteendeel ...

KOM ons begin met 'n biegsessie. Indien jy ná 1990 gebore is, sal jy dalk gril vir die gedagte dat “oumense” ook seks kan geniet. Ja, jou ma en pa. (Ligte grilletjie.) Ook jou ouma en oupa. (Lang en diep gril.) Maar as jy eers besef dat seks nie op 'n sekere ouderdom hóéf op te hou nie, kan dit dalk jou hele toekomsvisie verander.

Vergeet die drogbeeld van Ouma en Oupa wat op die stoep sit en poep. (Ons is almal met daardie skatologiese versie banggepraat, nè.) Sien jouself eerder, iewers in die verre toekoms, as ouma (of oupa) wat in 'n bed lê en kafoefel. Jou bedmaat hoef nie eens 'n oupa te wees nie. Twee oumas kan mekaar ook mos behaag. Of 'n oupa en 'n jongman, waarom nie?

Dis die toekoms van jou sekslewe, skat, en dis veel minder vervelig as wat jy op 30 sou droom. Want seks is 'n bordinghuis met baie kamers, en op verskillende ouderdomme sal jy moontlik in verskillende kamers tuis voel...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.