Kompos mentis: van koffiemoer en koerant na koolstof-cocktail

JOU ROBBIES

Kompos mentis: van koffiemoer en koerant na koolstof-cocktail

Dis heerlike lente. Laat die skille van jou oë afval en kry jou saailinge in gelid. MICHÉLE MEYER kraai koningin oor haar eie komposhoop.

OF jy nou twee bakkies saailinge in ’n posseël-bedding uitplant, kruie kweek in potte neffens jou gegapste spekboomsteggie of ’n akker aarde bewerk, kompos maak dit beter. Kompos is vir jou lap grond wat probiotika vir jou spysvertering is: die regte ding.

Wat byna soveel bevrediging bring as die deurleef van ’n eerste drag kompos vanaf koffiemoer en koerant tot koolstof-cocktail, is die feit dat dit regtig eintlik nie geld kos nie.

Stuart Lindley van die afvaloplossingsmaatskappy Green Genie met takke in Kaapstad en die Vaaldriehoek, verduidelik dat die gemiddelde huishouding sowat 60 kg nat afval per maand genereer. Nat afval verwys na bio-afbreekbare kombuisafval, blare en gesnyde gras en word ook groen afval genoem...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.