Toe word ’n bakkie quinoa-pap ’n sakeplan

LEXI MAAK GESOND EET SEXY

Toe word ’n bakkie quinoa-pap ’n sakeplan

Lexi Monzeglio het sedert Junie 2018 drie takke van haar gesonde eetplek, Lexi’s, in Johannesburg oopgemaak, en daar is nog restaurante aan die kom. BIBI SLIPPERS het met dié veganistiese sjef gaan gesels.

DIE joernalis, skrywer en aktivis Michael Pollan glo alles wat ’n mens moet weet oor gesond eet, kan in sewe woorde opgesom word: “Eat food. Not too much. Mostly plants.” Pollan se kosfilosofie kan in Johannesburg geproe word danksy die grafiese-ontwerper-wat-restaurant-eienaar-geword-het Lexi Monzeglio.

Haar drie restaurante of “healthy eateries”, soos hulle bekend staan, is altyd stampvol – feitlik ’n wonderwerk vir ’n plantgebaseerde eetplek in Suid-Afrika se vleisgesentreerde koskultuur. Dis nie net die vars voorkoms en Instagrambare gehalte van haar eetplekke wat mense soontoe lok nie – karnivore, omnivore en aanhangers van haaskos is ewe welkom hier, en vind almal die kos by Lexi’s onweerstaanbaar.

Ek weet, want ek, wat ’n haaskoseter is, het al onverbiddelike karnivore aan Lexi’s voorgestel, wat dan sommer sonder om my saam te nooi teruggekeer het vir nog van Lexi se toorkuns op borde. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.