Noem jou snoefie eerder ’n foefoen

SÓ MAAK MENS

Noem jou snoefie eerder ’n foefoen

Dis ’n bevryding om te besef dat die gevaarlike woorde van jou jeugjare soos mooi woorde in 'n ander taal kan klink. Wees net versigtig wanneer jy met iemand van 'n ander taal vry, skryf MARITA VAN DER VYVER.

'N VORIGE rubriek oor verskillende name vir katte het nogal die kat in die duiwehok losgelaat. Die korrekte Afrikaans is glo “die knuppel in die hoenderhok gegooi”, maar aangesien ons oor katte praat, sal die anglisisme my hopelik vergewe word.

Eintlik wou ek sê die vorige skryfsel het Pandora se doos oopgemaak, maar toe onthou ek dat katte in hierdie geval eintlik na geslagsdele verwys. En toe klink doos darem net te aspris.

Kom ons sê maar net dat die riglyne vir die name van geslagsdele sommige van ons herinner het aan al daardie eufemismetjies waarmee ons grootgeword het. Altyd verkleinwoordjies, ja, want ons ou mensies wat steeds so graag vir mekaar lekker daggies en lekker slapies toewens, het onwillekeurig na verkleinwoordjies gegryp wanneer ons oor die dingetjies “daar onder” moes praat.‘..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.