Matthys Boshoff, die dood en Racheltjie de Beer

DIE DOOD IS NIE DORINGDRAAD NIE

Matthys Boshoff, die dood en Racheltjie de Beer

“Die running joke is ek maak stories oor mense wat doodgaan." Die regisseur Matthys Boshoff vertel vir BIBI SLIPPERS hoe hy Die verhaal van Racheltjie de Beer sy eie gemaak het deur dit deur sy eie ervaring te filtreer.

RACHELTJIE de Beer het sekerlik al beter dae beleef as daai dag, die dag van die onverwagse sneeustorm. Siestog, ons weet mos almal hoe dinge vir haar uitgewerk het, of sy nou ’n werklike dogtertjie was of net ’n karakter in ’n volksverhaal en ’n figuur op ’n Orania-geldnoot: Haar einde was nie gelukkig nie. 

Op die tweede beste dag van die regisseur Matthys Boshoff se lewe was daar ook onverwags sneeu. (Dié sneeudag was tot onlangs die beste dag van Matthys se lewe, maar vandat hy in September vanjaar getroud is, is dit die tweede beste.) 

Op die tweede beste dag van sy lewe was Matthys besig om op ’n dunwiel-padfiets deur die Karoo te ry, as one does, soos die Engelse sê. Hy het deelgeneem aan Tour of Ara, ’n maltrap-fietstoer waartydens dapper siele  ses dae lank oor grondpaaie deur die woestynagtige Karoo-landskap ry op vintage-staalraampadfietse wat in Suid-Afrika gebou is...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.