Kookboeke se nuwe lente

KOOKLES

Kookboeke se nuwe lente

Die einde van Leserskring het die plaaslike kookboekbedryf ’n groot knou gegee. Maar, skryf KERNEELS BREYTENBACH, mediakundige celebrities met ’n stewige aanlyn teenwoordigheid hou die pot aan die kook en ’n verskuiwende demografie bring kookgeheime uit nuwe oorde.

  • 29 November 2019
  • Vrye Tyd
  • 12 min om te lees
  • artikel 16 van 24
  • Kerneels Breytenbach

KOOKBOEKE is nie iets waaraan mens maklik ons land se geskiedenis koppel nie, maar kyk net na hierdie feit: In 1991 het die beste verkoper onder kookboeke gespog met 125,000 eksemplare; in 2019 is 11,300 eksemplare van die topverkoper verhandel. Dit is die verhaal van ons ekonomie, en van die verskuiwende demografie van boekkopers.

Laat ek verduidelik.

Vroeg in 1991 het Koos Human van die uitgewery Human & Rousseau sy handtekening op ’n beleggingsvorm geplaas en daarmee 125,000 eksemplare van Huisgenoot Wenresepte 4 by die drukker bestel. Leserskring sou 100,000 neem, en die algemene handel 25,000. Van die toppresteerder onder die kookboeke van 2019, Lazy Makoti’s Guide to the Kitchen, is tot dusver 11,300 eksemplare verkoop...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.