10 verrassende kostendense op die 2020-spyskaart

SMAAKLIKE ETE

10 verrassende kostendense op die 2020-spyskaart

Wat wag ná krulkooltjips en kimchi in die koswêreld, wou ANNELIZE VISSER weet by Studio H se Hannerie Visser, wat binnekort ’n seminaar oor die toekoms van kos in Kaapstad aanbied. Slyp jou tande vir waatlemoenpitbotter, seewier-popcorn, kerriesjokolade en beetroomys.

’N KOSREVOLUSIE het ses jaar gelede begin met die stigting van Studio H, ’n kulinêr georiënteerde ontwerpateljee wat wêreldwyd aandag trek met uit-die-boks-idees wat die kostoneel op sy kop draai en terselfdertyd sosiale kommentaar lewer.

Sedert ons verlede jaar met die stigter en maatskappyhoof Hannerie Visser gesels (https://www.vryeweekblad.com/lewenstyl-en-kos/2019-04-26-dis-weird-maar-jy-kan-dit-eet/) het oor ’n reeks avant garde-kosprojekte waarmee sy kwessies soos immigrantehaat, die waterkrisis en kosvermorsing takel, het die Studio H-span heelwat nuwe speelse kosavonture beleef.

Tans kan jy byvoorbeeld by sjef Jan-Hendrik van der Westhuizen se JAN Innovation Studio in Kloofstraat aan ’n reeks eetbare parfuums snuif wat jou aan piesangbrood of toffieappels of ingemaakte koejawels en vla sal laat dink. Dis deel van ’n installasie genaamd Basaartafel...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.