Laat staan die piesangbrood: Maak tuin!

POTTEPARADE IN 'N PANDEMIE

Laat staan die piesangbrood: Maak tuin!

Daar is kalmte en fokus in jou herfstuin – of op jou stoep of balkon. Selfs op jou vensterbank! PETER VAN NOORD het raad vir almal wat wil tuinmaak, selfs al het jy nie 'n tuin nie.

IN hierdie vreemde, onthutsende en, ja, wonderlike tyd van inperking in Suid-Afrika sien ’n mens op die sosiale media soveel siele wat groen is van jaloesie oor diegene wat geseën is met ’n tuin.

’n Seëning is dit inderdaad, want dit is al bewys dat tuinwerk op soveel vlakke goed is vir jou. Jy kry fisieke oefening en die endorfiene hou partytjie in die boonste verdieping. En wanneer jy met vuil hande en voete – en ’n seer rug! – agteroorsit en jou handewerk bekyk, weet jy jy gaan vanaand soos ’n klip slaap.

Kyk wat skryf die neuroloog Oliver Sacks (1933-2015) boonop in sy essay “Why We Need Gardens”: “I find gardens essential to the creative process; as a physician, I take my patients to gardens whenever possible. All of us have had the experience of wandering through a lush garden and finding ourselves simultaneously calmed and reinvigorated, engaged in mind, refreshed in body and spirit. In forty years of medical practice, I have found only two types of non-pharmaceutical ‘therapy’ to be vitally important for patients: music and gardens.”..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.