Geleerde eiers van heinde en verre

KOS EN KOSMOS

Geleerde eiers van heinde en verre

Terwyl hy die gewone hoendereier tot geleerde hoogtes voer, kom FREDERIK DE JAGER by ’n antwoord uit op die vraag wie eerste is: die hoender of die eier.

DIE moeilikheid het in 1968 begin. Mark Kurlansky skryf boeiend daaroor in sy boek getitel 1968. In Maart kom studente in Warskou in opstand. In April open Hair op Broadway. In Junie word Bobby Kennedy geskiet. Volgend op Warskou ontplof kampusse van Berkely tot Londen tot Parys in geweld. Iets in die wêreld wil vry kom, asof ’n kuiken die eierdop wil breek.

Vir die hoendereier self, egter, gebeur die teenoorgestelde. Die Amerikaanse hartstigting maan in Februarie 1968 dat mense nie meer as drie eiers per week moet eet nie. Die konsternasie! Die omwenteling! Vir ’n goeie ses miljoen jaar al eet ons eiers. Wéét die hominiem Sahelanthropus, daar waar hy dit vir die eerste keer op sy agterpote waag, met ’n arm gestrek na die krans om dié geil kapsule uit ’n nes te roof, van die gevaar van cholesterol?

Al wat hy weet, is, dié’s kos wat nie terugbaklei nie en wat jou vol én sterk laat voel...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.