Jan Horn is 'n regisseur van dokumentêre televisieprogramme en 'n skrywer. Hy was die regisseur wat die eerste TV-uitsending in 1975 uitgesaai het. In sy 23 jaar by die SAUK het hy verskeie dokumentêre programme vervaardig, en gedurende sy 11 jaar met 50/50 spits hy hom toe op die antropologiese, argeologiese en paleontologiese geskiedenis van Suid-Afrika.
TELEVISIE
Die stewige buurvrou en Jerigo se mure
Die beginjare van Suid-Afrikaanse televisie was nie vir sissies nie; soms was mense maar dik vir mekaar, skryf JAN HORN.
Deel
IN die begin was daar nie veel riglyne en regulasies nie – ook nie eintlik begrotings nie. Ons as regisseurs het idees uitgedink en dit in programme omskep; dikwels moes ons ook instaan vir siek akteurs of regisseurs wat eensklaps besluit het TV is nie vir hulle nie.
So beland ek vir ’n paar maande in die godsdiensdepartement met die opdrag om die kinderprogram Ligstraaltjies uit die Bybel te vervaardig. Bettie Kemp was die aanbieder en ons het die “gedramatiseerde” weergawes van Dawid en Goliat, Elia en die kraai, asook ander lekker stories op my plaas verfilm. Op ’n dag besluit ek toe om my hand aan ateljeedrama te waag vir die verhaal van die vernietiging van Jerigo se mure.
Die SAUK se stelbouers het ’n manjifieke model van die antieke mure om die stad Jerigo gebou. Die eindproduk was ’n indrukwekkende ringmuur kompleet met wagtorings en skanse wat soos ’n mengsel van die Kasteel die Goeie Hoop en die klipmure van die Zimbabwe-ruïnes gelyk het...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Deel
Deel
Volgende artikelJan Horn
SkrywerJan Horn is 'n regisseur van dokumentêre televisieprogramme en 'n skrywer. Hy was die regisseur wat die eerste TV-uitsending in 1975 uitgesaai het. In sy 23 jaar by die SAUK het hy verskeie dokumentêre programme vervaardig, en gedurende sy 11 jaar met 50/50 spits hy hom toe op die antropologiese, argeologiese en paleontologiese geskiedenis van Suid-Afrika.