Die vele vreugdes van eenpotkos

KOS EN KOSMOS

Die vele vreugdes van eenpotkos

Soveel kan in een pot gebeur as jy kook dat FREDERIK DE JAGER by drie vastelande moet gaan leen. Hy maak 'n Mediterreense hoenderpot met ansjovis, kappersaad en olywe, brandboontjies onder 'n mieliekombers en 'n tagine van lam, saffraan en appelkose.

EK het tot redelik onlangs nooit ’n dubbelverdiepingstoof gehad nie. Alles wat ek vir myself moes gaarmaak, het ek gedoen op ’n steampunk gasstofie met twee branders. Selfs toe ek later ’n grootmensstoof kon bekostig.

Ek het gehou van die vlammetjies, die pype, die fisieke gedoente van gasbottel in die kar laai en gaan omruil. Regte sjefs kook glo op niks anders as gas met sy sagte vlam nie. Bly vir hulle. Wat ék van dié eenverdiepingkokery oor het, is ’n halwe leeftyd se ervaring van eenpotgeregte. Van dinge bymekaargooi en hoop vir die beste. Van lotto speel met wat daar in die kas is. Rampsalige probeerslae of gelukkige ongelukke.

As die wetenskap vorder deur ligte mistykies, hoe sou dit met kos maak anders wees? Ek het ’n roekelose hand geleer waag aan die promiskue byeenkome van ongehoorde elemente...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.