Leeubedryf ‘soos skaap voor slagter’

JAGBEDRYF STEIER

Leeubedryf ‘soos skaap voor slagter’

Die huidige ekonomiese krisis weens die Covid-19-pandemie is die laaste spyker in die doodskis van die wild- en jagbedryf as toerisme-aktiwiteit in Suid-Afrika, meen plaaslike rolspelers. En veral die leeubedryf vaar sleg. MARLISE SCHEEPERS doen verslag.

DIE feit dat die Suid-Afrikaanse wild- en jagbedryf geen ondersteuning van die regering kry nie, is ’n “aanduiding van die sukses van die diereregtegroepe se aanslag op die bedryf. Die bedryf word eintlik nou vanaf die sitkamerbanke in Amerika en Europa beheer”, sê André Mentz, president van die Suid-Afrikaanse Predatorvereniging (Sapa).

Die huidige ekonomiese krisis in dié bedryf is eintlik net nog ’n spyker in die kis van jag as toerisme-aktiwiteit, meen Mentz. Veral die leeujagbedryf kry al die laaste paar jaar die wind van voor.

“Die beperkinge wat Amerika op die invoer van trofeë geplaas het, het reeds die afgelope drie jaar ’n geweldige uitwerking op die bedryf gehad,” sê Mentz...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.