Alkoholvrye winste ’n ligpunt in drankprodusente se maer tye

ONINGEPERK

Alkoholvrye winste ’n ligpunt in drankprodusente se maer tye

Dis nie net onwettige dranksmouse wat munt slaan uit die tweede rondte van die verbod op alkoholverkope nie, skryf RICHARD HOLMES.

  • 14 Augustus 2020
  • Vrye Tyd
  • 6 min om te lees
  • Artikel 15 van 30
  • Richard Holmes

VERVAARDIGERS van alkoholvrye drank, van wyn waaraan die alkohol onttrek is tot by nie-alkoholiese jenewer, geniet 'n oplewing in aanvraag oral in Suid-Afrika. Dis 'n sobere ligpuntjie vir 'n sektor wat voor die inperking 'n mindere markdeelnemer was.

Johannes le Roux het al lank sy oog op die potensiaal van die mark vir alkoholvrye drank. Hy en Inus Smuts het in 2016 'n nie-alkoholiese jenewer en kinawater, oftewel “gin & tonic", genaamd The Duchess bekend gestel en dit as “'n alkoholvrye drankie vir volwassenes" bemark. Die swierige verpakking en komplekse smaakprofiel plaas dit in 'n heel ander klas as soet gaskoeldranke.

“Selfs voor die inperking het ons ongelooflike bewustheid van en aanvraag na alkoholvrye drankies gehad, hetsy om leefstyl- of gesondheidsredes," sê Le Roux. “Dis 'n kategorie wat nog in sy kinderskoene is, maar dis iets wat ons geweldig sien groei oor die volgende paar jaar."..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.