’n Ode aan die ware vreeslose vroue

RUBRIEK

’n Ode aan die ware vreeslose vroue

ANASTASIA DE VRIES sê sy sou dié Vrouemaand wou skryf oor fenomenale vroue, sterk vroue, en die bekendes onder ons. Maar nou skryf sy oor Ravensmead se anties langs die wasbaddens, oor ’n vrou wat verby die vuil vir ander vroue uitkyk, en oor die geheime taal tussen vroue.

DIS weer daardie tyd van die jaar. Vrouedag. ’n Maand lank. Soos elke ander jaar lees ek byna obsessief die verhale en prysliedere tot eer van die vrou. Vroue van durf en daad, sterk vroue, fenomenale vroue, vroue van hier en nou en hulle wat meer as 50 jaar gelede na die Uniegebou opgeruk het met ’n strydkreet op hul lippe: Genoeg is genoeg!

Dit is reg so, dié lofuitings en verhale. Dis ’n land dié waar ’n vrou se kanse waarskynliker is om aan die hand van ’n man te sterf as om die lotto te wen. “Ek is oek important", sê elke storie van elke vrou, en word elk in dié tyd en plek ’n herbedinking en herskrywing van Peter Snyders se gedig wat geskryf is vir ’n ander tyd, ’n ander konteks. En steeds is dit nodig – verhale tot lof van vroue – teen dié tyd se euwels in. Keer op keer en dalk tot in alle ewigheid.

Ek sou wou skryf oor die anties van Ravensmead se 13de Laan aan wie se voete ek van kleintyd af sou leer wie en wat ’n vrou kan wees. Stel jou voor: Hulle langbeen op die grond langs wasbaddens vol skuim en wasgoed wat tjier-tjier-tjier maak onder hul gevryf, en sjloeppp as dit ’n slag deur die water gesleep word; ek op my knieë, iewers buite sig. Wasdag was storiedag vir my...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.