Lekker aartappels sonder veel fieterjasie

KOS EN KOSMOS

Lekker aartappels sonder veel fieterjasie

FREDERIK DE JAGER onthou toe jy nog in die stad ’n gebakte aartappel met ’n vulsel in jou etensuur kon kry, en nou droom hy vyf vulsels vir vandag.

MARIE Antoinette van Frankryk het die pers blommetjies van die aartappelplant in haar hemelhoë kapsel gedra, so baie het sy daarvan gehou. ’n Nuwe pers was dit, in die land van laventel. Not to be outdone, het haar gemaal, Lodewyk die Sestiende, sy knoopsgat versier met genoemde glora. Gou was dit de rigueur aan die uiteindelik gedoemde hof om aartappelblommetjies in elke fatsoenlike orifies te steek. Nóg laat mens by dié Franse ander moontlike openinge buite rekening. Wie sal weet?

Die Franse koninklikes het die blommetjies gedra om Franse boere aan te moedig om aartappels te plant, want dié plant, synde ’n kind van die nagskadu-familie wat giftige plante insluit, het aanvanklik swaar grondgevat in Europa, veral Frankryk.

Hoe dit ook al sy, dié fyn vyfblarige blommetjies het geskiedenis van onvoorstelbare omvang versinnebeeld. Trouens, 250 miljoen jaar daarvan. Eers van ’n loodsware gang en toe al hoe vinniger. Toe die superkontinent Pangaea in aparte vastelande opbreek, het ekosisteme weg van mekaar ontwikkel...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.