Nog geurige vegetariese verleidings

KOS EN KOSMOS

Nog geurige vegetariese verleidings

In sy tweede aflewering oor vegetariese kos maak FREDERIK DE JAGER kerrie, hamburgers en geleerde pap en sous.

AS jy daarvan hou dat jou mond vir jou soos die binnekant van ’n leeu se bek proe, as jy in die mall dwaal en die vet-brand-reuk van offerande trek jou na een van daardie steakpaleise wat jy in stede kry, as dit jou soos ’n wyn-fundi laat voel (maar met vleis) wanneer jy van die spyskaart jou beeshaas bestel volgens waar die koei gewei het en hoe lank haar uitgeslagte vlees in die wind gehang het sodat mikrobes jou eie vertering se werk begin doen …

Dan moet ek jou ongelukkig teleurstel, vriend. Ek is nog nie klaar met die vegetariese kos waaroor ek laas aangegaan het nie. Noem dit regstellende aksie. Ek noem dit uitgebreide dekking, want van die lekkerste kos wat daar is, het nie vleis in nie. As jy Air India vlieg, vra hulle nie “chickenorbief” nie, maar “meat or veg”. Dan moet jy jou haas om “veg” te kies. Die verskeidenheid is met ordes van vermenigvuldiging groter, en alles geuriger.

(Covid-kodisil: Ek sou nie vandag met Air India vlieg of enige ander openbare vervoer in die subkontinent gebruik nie. Wag maar tot alles oor is. Dit sal die wag werd wees. Die land is ’n sterrehemel van kos. Aan die talrykheid is daar nie einde nie, en njannies koepêla ek sê, die “veg” troef byna altyd die vleis.)..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.