LUISTER | Sport herleef, maar ’n magdom nuwe reëls wag op ons ...

AFSKOP!

LUISTER | Sport herleef, maar ’n magdom nuwe reëls wag op ons almal

Bane, baddens, velde, arenas en stadions maak weer oop, maar die regsimplikasies vir spelers, toeskouers, organiseerders, administrateurs en selfs die media is enorm. JODY HENDRICKS het met die prokureur Joanie van Vuuren hieroor gesels.

DIE minister van sport, Nathi Mthethwa, het toestemming gegee dat verskeie sportsoorte landwyd weer kan hervat, maar sportfederasies moet teen 11 September 2020 eers hul Covid-19-strategieë aan die regering voorlê.

Stadions en federasies het die afgelope paar weke gewerk aan sulke    strategieë met die doel om risiko te verminder en om seker te maak dat beamptes behoorlik opgelei word en dat al die regulasies nagekom word.

Toeskouers sal nog eers 'n rukkie langer moet wag voordat hulle 'n byeenkoms mag bywoon, en daar is ook vir almal 'n hele rits regsimplikasies indien die reëls nie nagekom word nie. Luister hier onder na Jody Hendricks se gesprek hieroor met Joanie van Vuuren, 'n prokureur by die regsfirma Webber Wentzel...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.