MENS slaap en mens staan op en was jou en eet jou pap. Dit is die orde van dinge. Jy weet van geen rede hoekom dit anders moet wees nie. Ordinêr op hierdie manier het ek dus grootgeraak.
Mens het geweet party mense eet eiers vir brekfis en nog ander spek ook, maar dit was aan die eksotiese some van die ordinêre, ordelike en, ja, ordentlike bestaan. Skuins oorkant ons huis in kleindorpse Wes-Transvaal het die bure gewoon saam met wie ons soggens skool toe gery het. Hulle het ’n lang kar gehad. Dit was 1965. Die vensters het met elektriese knoppies oop- en toegegaan. Kom ons by hulle huis aan vir ons geleentheid, sit die kinders met eier oor hulle kinnebak. Dit was gebakte eier sunny side up, sou ek later leer. Op snye roosterbrood.
Van eier het ek darem nie niks geweet nie. Maar dit was nie ontbytkos nie. Van spek het ek ook nie nodigheid gehad vir spekuleer nie. Daar was ’n snelweg in my olfaktoriese geheue reguit van die geur van spek na die verpleegstersverblyf op anderdorp waar ons kleuters was, waar ons soms geslaap het as onse ma nagdiens doen. Soggens in die eetsaal was daar ’n gekraai onder die nurste oor die kindertjies, en daar was spek in die skottel...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
KOS EN KOSMOS
Ontbyt en eiers is karperde
Vir die eerste maaltyd van die dag vind FREDERIK DE JAGER dat vele paaie na eier lei.
Deel

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Deel
Deel
Volgende artikelFrederik de Jager
RubriekskrywerFrederik de Jager is oud-uitgewer, skrywer en aanbieder van skryfwerkwinkels