Gert-Johan Coetzee | SA mode se barok-boerseun gaan terug plaas ...

FLAMBOJANT IN DIE KOEIMIS

Gert-Johan Coetzee | SA mode se barok-boerseun gaan terug plaas toe

Min mense weet dat die flambojante glansontwerper Gert-Johan Coetzee eintlik 'n plaaskind is – maar dis waar hy ná die strawwe inperking na inspirasie vir 'n nuwe klerereeks gaan soek het. LEONIE WAGNER het twee maal saam met hom op Koster gaan kuier.

BLOU krale lê rondgestrooi oor die Nguni-mat. Elders op die betonvloer peul uitrustings uit swart en grys kledingsakke. Van blou tullestof, vere en koeivelpatrone tot by die kralewerk op rompe en korsette, onthul elke sak 'n skepping wat selfs spoggeriger as die vorige een is. 

Ons kuier op die mode-ontwerper Gert-Johan Coetzee se familieplaas naby Koster in Noordwes. 'n Paar honderd meter verder wag 'n trop koeie wat vir hierdie fotosessie aangetree is. Die koeie is nie net ekstras nie, hulle is 'n integrale deel van die dag. Hulle is trouens die inspirasie vir die ontwerper se jongste reeks.  

Van sy aksentlose Engels sou jy nooit raai dat Gert-Johan van 'n klein Afrikaanse plaasdorpie kom nie – totdat hy “ag shame" sê, wat hy gereeld doen. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X