As jy kan vlieg, weet jy dis ’n droom

VANG DIE VIS

As jy kan vlieg, weet jy dis ’n droom

Ons onderbewuste is 'n skerp werktuig, maar dikwels verroes en verwaarloos, skryf DEBORAH STEINMAIR. ‘Hou 'n droomdagboek op jou bedkassie en gryp die sterte van daai oplossings voor hulle in die niet verdwyn.'

ONS lei 'n dubbellewe. Ons is almal skrywers, kunstenaars, regisseurs en sieners. In die geheim. Terwyl ons slaap. Amper die helfte van ons lewe swem ons onderwater, onder die bewuste. Maar ons visioene, rolprente en kunswerke vervaag lank voor daglig. Bedags dryf restante van drome in ons bewussyn rond. Dit maak ons rusteloos, skaamkwaad, verwonderd. Emosies waarvan ons die oorsprong nie kan onthou nie.

In een van my ewig gunstelingboeke, The Hundred Secret Senses deur Amy Tan, verduidelik die verteller se halfsuster, die eksentrieke Chinees Kwan, in gebroke Engels hoe om drome te onthou: Jy gryp 'n droom by die stert en ry hom tot by die vorige droom en die een voor daardie een. Soos rewind.

Een van my oorlede broers, Hendrix, was 'n dromer. Hy het geleer onderskei tussen droom en werklikheid, selfs wanneer hy slaap. “Dis maklik, Deborah. As jy kan vlieg, weet jy dis 'n droom. Dan is dit kwaai, jy stuur die droom nes jy wil.”..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.