Ottolenghi-resepte vir ’n geurige somer

EET JOU GROENTE

Ottolenghi-resepte vir ’n geurige somer

Niemand maak groente geuriger, mooier of moderner gaar as die beroemde Israeli-sjef YOTAM OTTOLENGHI nie, en sy beeldskone kookboeke word deur huiskokke oor die wêreld heen begeer. Hier is drie resepte uit sy nuwe boek, Flavours, om jou somer-repertoire in ’n nuwe rat te skop.

  • 06 November 2020
  • Vrye Tyd
  • 8 min om te lees
  • artikel 19 van 27

Gevulde eiervrug in kerrie en klapperdhal  

Twee bestanddele – suurlemoen en melk – is al wat jy nodig het om paneer by die huis te maak. Dis ’n eksperiment wat die moeite werd is om te probeer (dit voel bepaald soos ’n chemie-eksperiment), vir ’n gevoel van prestasie én vir die ongeëwenaarde varsheid. Daar is baie resepte hiervoor aanlyn. As jy jou paneer klaar koop – en dis die lekkerste vulsel vir die geroosterde eiervrugte in dié resep, want dit slurp die klappersous op – koop by voorkeur ’n sagte een met ’n tekstuur soos saamgeperste ricotta. Die harder, rubberagtige weergawe is meer geskik vir byvoorbeeld vegetariese tikka-sosaties, maar dit sal werk as dit al is wat jy het. Vir ’n veganistiese opsie, gebruik ferm tofu. Probeer ook ’n mango-piekel in die hande kry.

Jy kan die eiervrug en die lensiesous ’n dag vooruit maak. Eintlik kan jy die hele dis die vorige dag maak tot net voordat dit oond toe gaan. Bêre dit in die yskas en laat dit tot kamertemperatuur kom voordat jy dit verhit...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.