RESEPTE | Verlangekos loop ver

FYNPROE

RESEPTE | Verlangekos loop ver

Daar is niks soos kos wat jou na geliefdes (én soms ongeliefdes, hoor!) laat verlang nie, skryf NETTIE PIKEUR.

TOE onse vrome moeder tot sterwe kom, bel ’n ou vriend uit die Oos-Kaap: Man, het jy nog daai resep vir sjerriehoender wat sy altyd gemaak het toe sy op Montagu kom kuier het? Maak dit weer, sommer by die begrafnis, dan dink ons almal met liefde aan haar.        

Toe loop die trane rêrig, want Ma se gewerskaf in ons klein kombuisie het koningskos beteken. Die sjerriehoender was maar een van vele en soos almal weet, is daar niks soos kos wat jou aan geliefdes (én soms ongeliefdes, hoor!) laat verlang nie.        

Ma het ook ’n gereg genaamd hoenderstofie (gestowe met wyn en naeltjies) gemaak, Pa het kerrie gekook dat die bure drie huise verder kom vra wat ruik dan so hemels en wyle Ann le Roux van Doornkraal digby De Rust in die Oudtshoorn-wêreld het afval gekook wat binne 30 minute op die KKNK-fees uitverkoop het. En dit uit ’n enorme pot van minstens 50 skeppe.        ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.