Kyk, Ma! Ek doen CrossFit!

NOU OF NOOIT

Kyk, Ma! Ek doen CrossFit!

Die inperkingstyd het ’n hele paar ekstra rolle aan haar lyf agtergelaat, maar vanjaar gaan sy sowaar by haar Nuwejaarsvoorneme bly om haar Marmitepotlyf reg te ruk. MARLISE SCHEEPERS vertel hoe Scary Mary en die gim-poue haar van ’n sweterige dood in daai eerste klas gered het.

EK het soos ’n Marmitepot daar ingestap. My ronde, ongesonde lyf was propvol Nuwejaarsvoornemens om fiks te word en die ongewensde rolle af te skud. (Onthou tog net dat ek in my hele lewe nog nooit die binnekant van ’n gimnasium gesien het nie.)

Toe die inperking laas jaar begin het, het ek begin bak en brou en uit totale verveeldheid begin vreet. Ná die inperking, toe dinge na die nuwe “normaal” terugkeer, het my selfbeheersing eenvoudig agterweë gebly. Ek het soos ’n wolf gevreet, soos ’n vis gedrink, soos ’n skoorsteen gerook en soos ’n matroos gevloek.

Vroeg in Desember besluit ek genoeg is genoeg. Ek los die bottel en ek sal in Januarie aan my logge lyf begin werk. ’n Nuwe blaadjie omslaan...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.