SATERDAGMIDDAG sit ek en Gabriël op die koperbed, hy aan die voetenent, ek bo teen die groot kussings, soos twee akkedisse in die winterson. Ons lees stukke van Saterdag se Property Argus, verspotte huispryse, maar hier is ek dan by die see, wat meer kan jy wil hê behalwe ekstra plek?
Veral op die bed, want ons bene tangle en ek raak ongemaklik. Ewe moody begin ek liries raak: Isn't love wonderful? Ja, seg Gabriël, dit is, luister net hier: En hy lees vir my die sappigste brokkies uit die Jani-Eugène-sage.
Gabriël lees klaar oor Elana, sê hy's honger. Dis vieruur op 'n Saterdagmiddag, en hy gaan vanaand uit. Ek noem die feite. Eet 'n paar olywe, of amandels. Ek wil nie, sê G nors soos 'n kind, ek wil kos hê. Toe weet ek: en glashelder voor my geestesoog staan ons vier kinders by ma waar sy sit en tik teen die een of ander deadline, en ons sê ma, ons is honger...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.