Toor met ’n ham of twee

FYNPROE

Toor met ’n ham of twee

Jy hoef nie tot Krismis te wag om ’n ham die ster van jul maaltyd te maak nie. NETTIE PIKEUR se resepte vir ’n gebakte of gekookte ham in die Vrye Weekblad van 7 September 1990 sal maak dat jy jou na jou naaste winkel of slagter haas.

VRIND Niek sê hy het lankal lus vir 'n ham. Kan ons asseblief 'n hele maaltyd bedink met ham as die tema? Nou goed, here goes.

Jy kan met twee hamme van 2 kg elk goed 15 mense kosgee. Ham is duur, maar ekonomies, want daar is min vermorsing. Niks gaan eintlik verlore behalwe daardie been binne-in nie, en selfs dié kan gebruik word om 'n pot ertjiesop te geur. Die honde is mal oor daardie vet vel wat jy ná die kookslag gaan aftrek.

Jy kan 'n klaargaar-ham koop, maar dis vrekduur. Dis in elk geval lekkerder om die hamme self gaar te maak en daar trek 'n heerlike geur deur die huis terwyl hulle kook. Begin die dag vantevore voorberei. Trouens, hierdie hele spyskaart is net die ding vir gashere en -vroue wat nie Ius het om die ganse Vrydag te kook en dan die Saterdag soos 'n mal ding rond te hardloop en boonop hoenders te ontbeen en witsous te maak nie. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.