Dis moeilik om te spaar tydens ’n pandemie

PERSOONLIKE FINANSIES

Dis moeilik om te spaar tydens ’n pandemie

Ons leef in ongeëwenaarde tye en daar is geen universele reël vir almal om te volg oor hoe 'n mens jou geldsake tydens 'n pandemie moet hanteer nie. Baie van ons se lewens- en finansiële planne lyk baie anders as wat hulle twee jaar gelede gelyk het en ons doen almal ons bes om te oorleef. So: Moet jy jou spaargeld gebruik of nie, vra CELESTE CAMPHER.

EK het nog altyd gespaar, en ek is nogal suinig. Ek draai elke sent so vyf keer om voordat ek dit uitgee. Ek sluit selfs die kleinste transaksie in by my maandelikse begroting en weet altyd presies hoeveel ek in my bankrekening het. Wel, dis seker maklik om te weet hoeveel daar is, want daar is gewoonlik nie veel nie, maar ek is tog dankbaar vir en baie versigtig met my paar pennies. 

My man, aan die ander kant, het nog nooit begroot nie en nog nooit gespaar nie. Ons is teenoorgesteldes in hierdie verband (en 'n paar ander ook). As ek ooit 'n voorbeeld van 'n roekelose verkwister nodig gehad het, kon ek hom gebruik. As ek luister na al sy grandiose planne oor waarop hy eendag sy Lotto-wengeld gaan spandeer, weet ek die heelal sal nooit toelaat dat die Lotto-geld só roekeloos deur een individu spandeer word nie. Maar ek laat hom maar droom, en as hy eendag wen, weet ek ek moet baie vinnig die beheer oor die wengeld oorvat! Hy het daartoe ingestem op voorwaarde dat ek daaglikse sakgeld van R10,000 aan hom betaal. Dié voorwaarde behoort jou 'n idee te gee van die tipe malligheid oor geld waarteen ek hier te staan kom. 

Ek moet wel erken dat dit vir my al hoe moeiliker raak om te spaar, en dis amper onmoontlik om nie van my spaargeld te onttrek nie. My man het 'n klein sakeonderneming en die pandemie het 'n impak daarop gehad, so ons huishouding se finansies ly daaronder. Met een kind op universiteit en twee nog op laerskool moet my begroting nogal akrobaties wees sodat al ons koste (beplan en onbeplan) gedek kan word. So ja, ek het van my spaargeld gebruik, wat beteken ek oortree een van die kardinale reëls van om 'n ekonoom te wees. Maar ek kan eerlikwaar nie anders nie, en ek bid dat die situasie binnekort verbeter...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.