Blikke vol plesier en genot

VAKANSIEKOEKIES

Blikke vol plesier en genot

Dit is daardie tyd van die jaar waar jou Krismiskoek hopelik reeds staan en brandewyn trek, en nou moet jy jou koekblikke vol kry, sê LIENTJIE WESSELS. Met 'n kop vol vakansieplanne deel sy drie gunstelingresepte vir einde-van-die-jaar-gebak, van speserykoekies met ekstra oemf tot glutenvrye appelkoosvierkante.

MET Desember net om die draai en ek wat my tans in die Bosveld bevind, is vakansie beslis in my gedagtes.

Een van die dinge wat baie van ons met vakansie assosieer, is blikke vol koekies. Met 'n hart vol heimwee onthou ek my ouma Helena wat in my ma se kombuis met die groot glasskuifdeur en die lowergroen tuin na buite saam met ons kom koekies bak vir 'n seevakansie by Munster aan die KwaZulu-Natalse Suidkus.

Die herinnering laat my nou wonder oor die geskiedenis van die koekie/ beskuitjie en presies waar dit vandaan kom.  In Suid-Afrika, met ons kolonialistiese geskiedenis, is koekies nogal deel van tradisie en amper almal doop ’n koekie in melk, tee of koffie of eet hom sommer net so...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.