Skelvis-kedgeree, forel met wyn en kreef vir die pyn

FYNPROE

Skelvis-kedgeree, forel met wyn en kreef vir die pyn

As jy smag na ’n bietjie seekos, probeer gerus een van NETTIE PIKEUR en haar vrind Dicky se resepte uit Vrye Weekblad van Mei 1992. En as jy ’n gesteelde kreef moet gebruik, wel ...

VRIND Dicky bel nou die dag om te vra hoe maak 'n mens kedgeree. En wil ek nie dit sommer kom eet ook nie? Dis 'n grou dag op hierdie baai, een van die eerste werklike winterdae – nie koud nie, net nat en triestig met 'n sterk smaak van die melancholie wat teen Oktobermaand op ons wag, wanneer jy dink dit reën al sedert Oom John eerste minister was.

Nog 'n lekker ding van eet by Dicky en Gerhard is dat hulle nie skrik vir vuurmaak nie. Die kaggel brand hoog toe ek daar aankom, Gerhard pak net houtblokke op die vuur en ons lees verstom van die vreeslike bohaai oor Joan Collins in die Sondagse geelpers (wetend dat 'n seskolom-kleurfoto op die voorblad die soort publisiteit is wat jy nie met geld kan koop nie – maar of Mies Joan sulke reklame wou gehad het, kan ons ook nie sê nie.)

En Dicky kondig aan hy het skelvis gekoop vir die kedgeree, en hoewel almal se jy braai nie uie daarby nie, staan hy gereed met die swart pan en braai sy twee uie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.