Die storie van die kind in die donker grot

WIE IS ONS?

Die storie van die kind in die donker grot

Die skedel van ’n kind wat sowat 250,000 jaar gelede op ’n rotslys diep in die kronkels van ’n grotstelsel in die Wieg van die Mensdom geplaas is, het nuwe vrae laat ontstaan oor wie ons voorsate was. Maar veral, wie is die mens, en is dit nét ons wat ’n begrip vir sterflikheid het? ELSABÉ BRITS werp lig op dié vonds.

DIE spasie waardeur dr. Becca Peixotto, 'n argeoloog, moes kruip, is 15 cm wyd en 80 cm lank, in een van die mees beknopte dele in die Rising Start-grotstelsel. Boonop moes sy eers oor rotsblokke klouter wat eons gelede van die dak afgetuimel het.

Met byna haar hele lyf onderstebo het sy deurgeskuur na die volgende donker gangetjie. Daar, op die rotslysie, het dit onmiskenbaar gelê: die skedelfragmente en tande van ’n kind.

Peixotto het moeisaam foto’s geneem en die stukkies een vir een aan kollegas agter haar in die tonnel aangegee. Die werk is net vir mense met moed en senuwees van staal...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.