Jan: van melker tot melktert-suprême

UIT DIE SJEF SE MOND

Jan: van melker tot melktert-suprême

Jan Hendrik van der Westhuizen se gunsteling-bestanddeel is nie iets eksoties wat varke tussen die wortels van berkebome uitsnuffel of waarvoor ganse se lewer oopgesny word nie. Dis eenvoudig melk. En wat beter is daar om te maak as die klassieke melktert, vertel hy aan MARGUERITE VAN WYK.

DIE oomblik as sjef Jan Hendrik terug is tuis in Frankryk verlang hy na sekere Suid-Afrikaanse geure. Bo-aan sy lys is melktert en moerkoffie. Beloer jy hom aanlyn, lyk dit weliswaar of daar ’n effense verliefdheid op melk by ons Michelin-sjef is. Hy verhef onder meer ons klassieke melktert tot fynproewerstatus met sy melktert-brûlèe en melktert-macarons.

Sy verhouding met melk het kleintyd al begin. Ná ete sou pa Boet altyd sê: “Seun, ’n glas melk is koningskos.”

Hy is as jong seun in die werk gesteek om te help koeie melk, maar “ek hou niks van vroeg opstaan nie”, vertel Jan. Mettertyd vaar hy so goed hier dat pa Boet hom die koning van die melkstal maak. Maar hy was toe al ’n kind met ’n oog en ’n oor vir die mooie: Êrens het hy gelees as koeie na klassieke musiek luister, produseer hulle meer melk. So daar luister sy koeie toe na Beethoven en Mozart terwyl Jan Hendrik en sy medemelkers uitgevat in wit oorjasse speen trek op die maat van die strelende musiek...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.