Tot lof van boegoe

VAN STEAK TOT SLAAI EN SMOOTHIES

Tot lof van boegoe

Die kosboekskrywer LIENTJIE WESSELS breek ’n lansie vir die gebruik van boegoe as geurmiddel in ons kombuise.

DIS vir my half vreemd dat ons boegoe so min in ons kombuise gebruik. Veral as mens dink dat dié kruiebossie van ons al in die laat 1700’s na Europa geneem is waar net die rykes die “Noble’s Tea” kon drink omdat dit so duur was. Daar was blykbaar selfs agt bale boegoe op die gedoemde Titanic. Lank voor dit het die Khoe en San boegoe as medisyne gebruik en vandag is dit saam met duiwelsklou en aalwyn die enigste inheemse Suid-Afrikaanse plante wat in die amptelike internasionale lys van medisinale plante opgeneem is.

Vroeër vanjaar het ek en Wilhelmina [Thirion Garção] in ons program Koskuns op VIA-TV gedelf in die gebruik van boegoe in die kookkuns. Hoe wonderlik sal dit nie wees om kruie soos boegoe en ook wonderbossie, bruinsalie en wilderoosmaryn meer in kruietuine en in resepte te sien nie! Ek sou darem graag wou sien dat die dag kom wanneer hulle net so alledaags raak soos tiemie en roosmaryn. Hoe meer ons hierdie inheemse kruie gebruik, hoe meer algemeen sal dit raak en dit sal van onskatbare waarde wees vir ’n kostradisie wat sê wie ons is.

Die meeste kruie wat ons uit Europa en Suid-Amerika ken, het ook maar as medisinale kruie begin...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.