’N MONSTER. ’n Man wat uit besitlikheid en jaloesie eers met sy meisie baklei en haar dreig, en toe sy kunsbene gaan vasgespe voordat hy sewe meter stap om haar dood te skiet.
Dís die prentjie wat die vervolging in die borgaansoek van Oscar Pistorius geskets het, en dit het die grondslag gevorm van die aanklaer, Gerrie Nel, se strategie in die saak waarin die voormalige Paralimpiese ster van die moord op sy meisie, Reeva Steenkamp aangekla is.
In ’n saak soos hierdie stel advokate heel eerste, nog voordat hulle in die hof verskyn, ’n teorie op wat die sentrale vraag in die verhoor sou beantwoord – in Pistorius se geval of dit moord met voorbedagte rade (die aanklag) was. Die antwoord moet die beskuldigde verdoem, in die geval van ’n aanklaer; of verontskuldig (redelike twyfel skep), in die geval van die verdedigingsadvokaat...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
’n Sprankie hoop vir ’n regverdige regstelsel