’n Moord op ’n polisiebeampte en ’n pakt met ’n rampokker

AFSPRAAK MET DIE LAKSMAN

’n Moord op ’n polisiebeampte en ’n pakt met ’n rampokker

’n Bende wat rondom 1961 ’n skrikbewind in Durban gevoer het wat ’n polisiebeampte sy lewe gekos het, kon vasgetrek word danksy ’n slinkse polisie-informant wat self geen engeltjie was nie. CHRIS MARNEWICK SC vertel hoe Stephen Mabaso, oftewel Nelson Mathekga, help sorg het dat dié skurke hulle afspraak met die laksman nakom.

TBM 163. Die nommerplaat van die gesteelde 1958 Ford Fairlane wat speur-hoofkonstabel Ben Werner vroegoggend op 22 November 1961 dophou, is kort en kragtig. Werner weet nog nie dat sy lewe binnekort saam met die wilde jaagtog deur Durban se middestad tot ’n einde sal kom nie.

Konstabel Johannes Odendaal is agter die stuur, en saam met ander polisievoertuie sit hulle die Ford met skreeuende bande agterna. Werner vuur ’n skoot wat die Fairlane se agterste nommerplaat tref. In Galestraat kom Odendaal teen 130 km/h tot reg langs die Fairlane en Werner skree in Zoeloe dat die bestuurder moet stop.

Een van die ses insittendes vuur met ’n .22-rewolwer op die polisie en ’n skoot tref Werner in die oogholte. Die Fairlane verlaat die pad ’n ent verder en die insittendes laat spaander. Drie word op die toneel in hegtenis geneem: Mafolo Dhlamini, Philemon Mhlungu en Stephen Mabaso. Kort daarna blaas Werner in die Addington Hospitaal sy laaste asem uit...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.