Die erwe van die vad’re

HIERDIE LAND HET JOU NODIG

Die erwe van die vad’re

Hoe gemaak met 'n jong seun wat al op skool daaraan dink om die land te verlaat teenoor een uit gans ander omstandighede wat nie die sin sien in stemdag nie? HEINDRICH WYNGAARD krap hieroor kop.

CHARLES SMITH sluit gister sy Goeiemôre-rubriek in Volksblad wat gehandel het oor ’n gesprek met sy jong seun rakende hoe dinge tans in Suid-Afrika staan, met hierdie vyf treffende woorde af: “Hierdie land het jou nodig.”

Pa en seun ry vroegoggend in Bloemfontein gimnasium toe. Hulle luister nuus op RSG; nuus in Suid-Afrika in September 2021 is “moord, korrupsie en brandstigting”. Nuus is ook pres. Cyril Ramaphosa wat by kiesers pleit om die ANC nóg ’n kans te gee in die plaaslike verkiesings, presies ’n maand van nou af.

“Ja, sure...” reageer my oudkollega. Ons het destyds saam die parlement gedek. Dit was toe Thabo Mbeki die president was of dalk was daar nog ’n jaar of wat van Madiba se termyn oor. Hulle termyne, Madiba en Mbeki s’n, is onderskeidelik deur versoening, ekonomiese heropbou en intellektuele stimulering gekenmerk...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.