Die siener, die lyk in die tonnel, en ’n joernalis met snuf...

VERKEERDE ‘VIBRASIES’

Die siener, die lyk in die tonnel, en ’n joernalis met snuf in die neus

In Oktober 1956 word ’n obskure ‘siener’ in Pinetown oornag wêreldbekend nadat hy in ’n séance ‘voorspel’ waar ’n vermiste meisie se lyk sou wees. Maar hoe is dan dat hy nooit weer ’n lyk kon opspoor nie, vra ’n pessimistiese CHRIS MARNEWICK SC.

OP Dinsdagmiddag 2 Oktober 1956 laai Clarence van Buuren die 18-jarige Joy Aken by haar werk in Durban se Smithstraat op nadat hy die oggend onderneem het om haar huis toe te neem. Die beloofde saamrygeleentheid huis toe, en daarmee saam haar lewe, eindig in ’n ruie bos genaamd Willie’s Farm, waar Van Buuren die tiener verkrag en vermoor.

Van daar ry Van Buuren Suidkus toe, waar hy Aken se naakte lyk in ’n vloedwatertonnel onder die hoofpad versteek. Haar klere gooi hy langs die pad uit. Die polisie se soektog begin dieselfde aand toe Joy se ouers haar as vermis aanmeld. Omdat Van Buuren ook verdwyn het, ondersoek die polisie eers die moontlikheid dat die twee saam weggeloop het.

Vrydag 5 Oktober 1956..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.