Landmyn-aanval stuur Moz-konflik in ’n heel nuwe rigting

STRYD NOG LANK NIE GEWONNE

Landmyn-aanval stuur Moz-konflik in ’n heel nuwe rigting

Die insurgente in Mosambiek se Cabo Delgado-provinsie het Sondag met ’n enkele landmynaanval op ’n Rwandese weermagkonvooi waarskynlik die hele koers en tempo van die konflik daar verander. ERIKA GIBSON het met kenners gesels oor landmyne en selfgemaakte ploftoestelle.

INLIGTING oor Sondag se voorval is skraps. Sover bekend was dit die eerste keer dat die insurgente landmyne of selfgemaakte ploftoestelle (IED’s) ingespan het as deel van hul taktiek. Wat die Rwandese weermag (RDF) se woordvoerder, kol. Ronald Rwivanga, wel aan Vrye Weekblad bevestig het, is dat een van hul Ratel-gevegsvoertuie ’n landmyn afgetrap het. Hy het beklemtoon dat dit ’n landmyn en nié ’n selfgemaakte toestel was nie.

Die Ratel was blykbaar die voorste voertuig in ’n konvooi op die pad tussen Mbau en Indegue, oos van Mbau. Volgens Rwivanga was die skade relatief gering en is net die bande van die Ratel uitgeskiet. Dié kon vervang word en die konvooi kon verder beweeg.

Die aanvallers het ook direk nadat die landmyn afgegaan het die konvooi met skouergelanseerde granate (RPG’s) bestook. Volgens een afgetrede militêre kenner met intieme kennis van die situasie in Cabo Delgado het dié granate egter nie ontplof nie. Dít beteken die aanvallers was minder as 12 meter van die Ratel af toe die RPG’s afgevuur is...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.